HOE OM POSTS TE LEES
- henniej42
- Feb 17
- 1 min read
Updated: Feb 20
HOE OM POSTS TE LEES 2026-02-17Hallo daar.
Soos ek gesê het, is ek besig om my Joernaal in wording stuk-stuk te Publish op Facebook soos ek aangaan. Dit vorder aan my kant en ek kan die eerste episodes by my lees - of julle dit aan julle kant sal kan lees weet ek nie - ek is nie kundig hoe baie van die apps soos Facebook werk nie.
Hier is 'n paar riglyne:
1. Jy moet ingeteken wees op Facebook.
2. Jy moet my (Hennie de Jager met my foto) add as 'n Friend.
3. Onder jou Friends Left-Click(LC) op Hennie de Jager.
4. As Post oopmaak LC op Hennie de Jager links-bo - my Posts behoort oop te maak, elk met 'n O1B1F-nommer en my foto.
5. LC 2x op die spesifieke Post wat jy wil lees (die O1B1F nommer wat eindig met 'n E is die Engelse weergawe).
As julle regkom en my Posts kan sien, hier is nog 2 punte:
1.Jy behoort dit ook op jou selfoon te kan lees (ek het gisteraand die eerste een vir Rinie in die bed gelees). As jy na 'n Post gaan, vertoon daar 'n rooi-bruin skerm - scroll net af om by die Post inhoud uit te kom.
2.Posts is genommer (hoofsaaklik vir my eie organisering): O=Oomblik/ Moment 1-3 B=Boek/Book 1-4 F=Finaal/Final 1-9. Probeer die Posts in volgorde lees - dit volg op mekaar. U
Soos julle kan sien, beplan ek om nog lank te Post met data wat reeds op my rekenaar is. Dit hou my kop wakker.
Hoop dit verveel julle nie.
Groete Hennie

Comments